Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
6 mans sterf toe 3 motors buite Kuruman bots
Die wrak van een van die motors nadat ses mans Saterdag in ’n grusame ongeluk buite Kuruman dood is. Foto: Verskaf

Ses mans het Saterdag tragies in ’n grusame ongeluk tussen drie motors buite Kuruman in die Noord-Kaap omgekom.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het die ongeluk op die R31 na Hotazel gebeur toe die drie motors gebots het.

Obakeng Morgan Katong (49), Motlalentwa Joseph Baganeneng (33), Leon Hollenbach (35), Roelf Kruger (40), Tevin Thamaga (24) en Arrie Tities (64) is op die toneel dood verklaar.

Mooi sê na bewering het die bestuurder van ’n Toyota Camry ’n Volkswagen Golf probeer verbygaan toe hy met ’n aankomende BMW gebots het.

Een van die motors wat in die eerste botsing betrokke was, het die Golf getref.

Volgens Mooi was daar drie insittendes in elk van die motors.

Al drie insittendes van die Camry, twee van die BMW en een passasier van die Golf is dood.

Twee mense is met erge beserings na ’n hospitaal in Kuruman geneem. Een persoon het die ongeluk sonder enige beserings oorleef.

Talle boodskappe van skok en medelye aan Hollenbach se vrou, Nicole, is op haar Facebook-blad geplaas.

Die egpaar het drie jong kinders, onder wie tweelingseuntjies (2) en ’n babadogter.

’n Vriendin van die gesin, Irene Nieuwoudt Williams, skryf: “Here, ons weet nie hoekom nie en mag ook nie vra hoekom nie. Ek vra dat U Nicole en die drie kinders, en hul familie, in die holte van U hand sal neem. Vou hulle in U arms toe en vertroos hulle in die droewige tyd waar Leon so skielik uit hul lewens geruk is. Gee Nicole die nodige krag om haar en Leon se kindertjies groot te maak. Wees U hul Pappa.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kuruman  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.