Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
6 plaaswerkers dood in gru-ongeluk

Ses plaaswerkers is dood toe die voertuig waarin hulle gery het op die N1-snelweg tussen Touwsrivier en De Doorns Dinsdagoggend reg van voor teen ’n vragmotor gebots het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het bevestig dat 11 mense ook beseer en na ’n hospitaal in Worcester geneem is.

Die ongeluk het by die Montagu-afrit plaasgevind en volgens Africa was die plaaswerkers op pad werk toe.

“Een ernstig beseerde pasiënt is per helikopter na ’n hospitaal in Kaapstad geneem,” sê Africa.

Die ambulansdienste op die ongelukstoneel waar ’n voertuig wat plaaswerkers vervoer het reg van voor teen ’n vragmotor gebots het.

Pat Marran, ANC-LPW en kiesafdelingshoof vir De Doorns wat op die toneel was, het bevestig dat die voertuie reg van voor teen mekaar gebots het.

Volgens Marran is die plaaswerkers almal van Touwsrivier en was hulle op pad na ’n plaas in De Doorns.

“Ons is nie seker hoeveel mense daar in die voertuig was wat die werkers vervoer het nie,”sê Marran.

Marran sê die gemeenskap is geskok oor die ongeluk wat onverwags soveel lewens geëis het.

“Ons gebede gaan uit na die slagoffers en diegene wat beseer is en ons hoop dat hulle spoedig sal herstel.”

Marran sê ’n deel van die N1 is afgesper terwyl die nooddienste op die toneel besig was, maar die verkeer kon steeds vloei.

Meer oor:  De Doorns  |  Touwsrivier  |  Padongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.