Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
600 swemmers kom vir VS se Ysbeerswem
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Ysbeerswem buite Ventersburg in die Vrystaat. Foto: Alet van der Walt

As jy van yskoue water, bibber en bewerasies hou, is dit nou tyd om gereed te maak vir 2018 se Ysbeerswem wat vanjaar op 23 Junie by die Bundukamp in die hartjie van die Vrystaat gehou word.

Felix Burri, wat die jaarlikse Ysbeerswem buite Ventersburg reël, sê die wiele is aan die rol vir vanjaar se groot dag en heelwat mense het al navraag oor die Ysbeerswem gedoen.

Hy verwag dat ongeveer 600 swemmers vanjaar die ysige Sandrivier ten bate van liefdadigheid sal aandurf. Elke swemmer sal ’n medalje ontvang.

’n Nuwigheid wat vir vanjaar se geleentheid beplan word, is ’n baardveiling. Burri sê weldoeners wat die baardveiling wil borg, kan hom gerus kontak.

Die man met die mooiste, grootste baard se baard sal vir liefdadigheid opgeveil word.

Burri sê diegene wat te bang is om te swem, maar lus is vir aksie, kan gerus inskryf vir die gewilde 4x4-gesinsdag.

Die 4x4-klubs van Bloemfontein, Kroonstad en die Goudveld bied die geleentheid aan.

Al die hekgeld en die wins uit die kosverkope gaan aan Engo, ’n nieregeringsorganisasie sonder winsbejag wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, mense met gestremdhede en pasiënte in nood. Burri sê die Bundu Ysbeerswem is nou Engo se grootste fondsinsamelingsprojek in die Vrystaat.

Verlede jaar was die water net 8 °C en hy glo nie dit sal vanjaar warmer wees nie.

Kinders moet ouer as tien jaar wees om saam met die groot ysbere te swem.

Navrae kan gerig word aan Felix Burri by 082 851 4584 en mense kan ook op hul blad op Facebook, Bundu Camp Ventersburg Free State, meer inligting kry.

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.