Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
629 brande in ’n week bestry

Nagenoeg R54 miljoen se skade is deur die brand in die Somerset-Wes-omgewing aangerig.

“Dit kan egter teen Dinsdag soveel as R60 miljoen wees,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit by die Kaapstadse munisipaliteit, Maandagaand gesê.

Volgens Smith was dié brand tot Maandagmiddag redelik onder beheer, maar het dit later weens ’n sterk wind weer opgevlam.

“Die brand is groter as die een wat ons paar jaar gelede in die Suid-Skiereiland gehad het.” 

Die skade is ook groter. “Minder eiendomme word geraak, maar meer hektaar grond is in gevaar,” het Smith gesê.

Mense het Maandagaand foto's op sosiale media gedeel van die vlamme wat teen die berg by Lourensford gewoed het.

Mandy Nel het op Facebook geskryf "die wind help nie" om die brande onder bedwang te bring nie.

"Die brande is buite beheer," het sy geskryf.

Istell Carlin het op Facebook gevra dat mense bid.

"Asseblief, God. Laat die wind net gaan lê," het Carlin geskryf.

Vroeër Maandag is op ’n mediakonferensie gesê die brandseisoen het nog nie eens sy hoogtepunt bereik nie, maar Kaapse brandbestryders het reeds sedert verlede Dinsdag 629 brande bestry. Volgens Smith bestry tot 300 brandbestryders op enige gegewe tyd die brande.

* Brandstigting word vermoed met die brand wat steeds in die kranse rondom die Helderbergkom woed.

Brandstigting word vermoed met die brand wat steeds in die kranse rondom die Helderbergkom woed.

Dié inligting is op die mediakonferensie in die Strand aan Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, voorgelê.

* ’n Verwoestende brand wat al meer as 10 000 ha in die Lourensford-omgewing verwoes het, woed ook steeds voort.

Smith het dié brand as “duiwels-verwoestend” beskryf.

“Die brand het meer verwoesting gesaai as die een verlede jaar in die suidelike voorstede, hoewel geen lewe geëis is nie. Baie strukture is egter verwoes,” het hy gesê.

Volgens hom het die droë seisoen en sterk winde die brande vererger.

“Plantasies is baie droog en vat dus maklik vlam.”

Smith het die brandbestryders van die Kaapstadse munisipaliteit, asook vrywilligers, daarvoor bedank dat die brand nog geen lewens geëis het nie.

* Volgens Ian Schnetler, Kaapstadse brandweerhoof, woed die brand nog in die kranse van die Hottentots-Hollandberge.

“Ons brandbestryders en selfs die helikopters kan nie in daardie gebied kom nie. Ons doen ons bes om te voorkom dat die brand van die kranse af versprei.”

Van Rooyen meen dat dit baie goedkoper sou gewees het om die brand te voorkom as om dit nou te bestry.

“Dit kos baie geld en baie bemanningslede om só ’n brand te blus. Tot dusver het al die belanghebbendes goed gevaar om die brand in bedwang te bring. Ons het verneem dat van die brandbestryders hul vakansie moes kortknip om mense se lewe te red.”

Sedert die brand Dinsdag begin het, was Sir ­Lowry’s Pass in gevaar, maar het brandweermanne gespook om die brand uit dié dorpie te hou. Volgens Smith word die moontlikheid van brandstigting ondersoek. “Mense met inligting moet na vore kom. Ons is bereid om ’n beloning te betaal.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.