Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
64 nuwe beamptes help met veiligheidsplan in Wynlande

Die aanstel van 64 vredes- en verkeersbeamptes in die Kaapse Wynlande sal van Maandag af die Wes-Kaapse veiligheidsplan versterk.

Dié groep beamptes het ’n keuringsproses en opleiding ondergaan voordat hulle verlede week op ’n parade gegradueer het.

’n Gradueringsparade is in Worcester gehou vir die nuwe vredes- en verkeersbeamptes van Worcester. Foto: Verskaf

Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Donderdag en Vrydag die gradueringsparades in Worcester, Robertson en Ceres bygewoon.

“Die opleiding en ontplooiing van ons vredes- en verkeersbeamptes sal die kapasiteit van leerling-wetstoepassers in kwesbare en landelike munisipaliteite verhoog.

“Hulle sal onder die toesig van die hoof van wetstoepassers in die munisipaliteit ontplooi word en plaaslik bydra tot die vermindering van misdaad,” sê Fritz in ’n verklaring.

Die aanstelling van hierdie beamptes stem ooreen met die Wes-Kaapse veiligheidsplan, terwyl die implementering deur die plaaslike en distriksmunisipaliteite se veiligheidsplanne geskied.

Die uitwerking van die beamptes se werk in die gemeenskappe sal deur middel van ’n moniteringstelsel gemeet word.

Die nuut gegradueerde vredes- en verkeersbeamptes van Robertson spog met hul sertifikate. Foto: Verskaf

Fritz het gesê die vredesbeamptes se opleiding is deur ’n eksterne diensverskaffer behartig wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAQA) geakkrediteer is, wat beteken die gegradueerdes sal die kwalifikasie deurgaans in hul loopbaan kan gebruik.

Oor die afgelope drie jaar het 288 vredesbeamptes ’n SAQA-geakkrediteerde opleiding ondergaan, waarmee ondersteuning aan 13 landelike munisipaliteite gebied word. Teen die einde van die maand sal 348 landelike vredesbeamptes opleiding ontvang het.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.