Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
65 000 boetes op SA se paaie – 549 toegesluit

Meer as 500 motoriste is teen Saterdag laat reeds in die Paasnaweek op Suid-Afrika se paaie in hegtenis geneem – die meeste weens dronkbestuur.

Simon Zwane, woordvoerder vir die Padverkeersorganisasie, het gesê hulle is reg vir Maandag wanneer almal van hul Paasvakansies terugkom.

Volgens hom is 549 motoriste sover in hegtenis geneem – 312 weens dronkbestuur.

Zwane sê ’n man is ook aangehou wat teen 196 km/h op die N14 in Gauteng gery het.

Volgens hom was die paaie Donderdag en Vrydag “geweldig besig” en is daar op die N3 tussen Gauteng en KwaZulu-Natal 92 629 voertuie by die tolhekke getel.

Op die N1 tussen Gauteng en Limpopo is 51 647 voertuie op dieselfde tye getel.

Die verkeerspolisie het 79 padversperrings opgerig en het meer as 65 000 verkeersboetes uitgeskryf. Die meeste was vir spoedoortredings, bestuur sonder ’n rybewys, ongelisensieerde voertuie, bestuur sonder ’n veiligheidsgordel en onpadwaardige voertuie.

Die Padverkeersorganisasie het ’n beroep op motoriste gedoen om hul roete terug goed te beplan en gereeld te stop sodat hulle nie moeg word agter die stuurwiel nie. – News24

Meer oor:  Limpopo  |  Gauteng  |  Kwazulu-Natal  |  Dronkbestuur  |  Padsterftes  |  Paasnaweek  |  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.