Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
658 dossiere verdwyn sedert 2013
Dr. Pieter Groenewald Foto: Argief

Die feit dat 658 dossiere sedert 2013 by speurtakke oor die land heen verdwyn het en net agt mense hiervoor aangekla en vervolg is, is ’n skokkende aanduiding van die polisie se onvermoë om korrupsie te beveg, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Vyf van die agt mense wat aangekla en vervolg is, is polisielede.

Die VF Plus sê in ’n mediaverklaring die minister van polisie, Bheki Cele, het antwoorde op geskrewe vrae gegee oor die getal dossiere wat vermis geraak het.

Dit blyk dat die Wes-Kaap met 229 vermiste dossiere verreweg die meeste probleme in dié verband het.

Gauteng is met 128 tweede op die lys en dan volg KwaZulu-Natal met 118, die Vrystaat met 97 en die Noord-Kaap met 54. In Limpopo het nie een dossier vermis geraak sedert 2013 nie, in Noordwes slegs vier, in Mpumalanga agt en in die Oos-Kaap 20.

Groenewald sê wat ook opvallend is, is die groot getal dossiere wat binne ’n enkele jaar op sommige plekke verlore geraak het.

In die eerste vier maande vanjaar het 44 dossiere by die Mothibistad-speurtak in die Noord-Kaap verdwyn. In 2014 het 57 by Nyanga se speurtak in die Wes-Kaap, in 2016 55 by die Newcastle-speurtak (KwaZulu-Natal), in 2013 78 by die Tembisa-speurtak (Gauteng) en in 2016 41 by die Winburg-speurtak in die Vrystaat verdwyn.

Volgens hom is dit ironies dat die 658 dossiere juis onder die neus van die land se speurders verdwyn het en dat slegs agt mense daarvoor aangekla is. Dit is onaanvaarbaar, sê hy.

Die minister se antwoord oor wat gedoen word om die probleem te bekamp, is volgens hom ook uiters teleurstellend.

Dit lyk asof al die ou en gewone prosedures steeds gebruik word om dossiere te beskerm.

Groenewald sê die tyd het aangebreek om innoverende stappe te doen om dossiere, en sodoende die publiek van Suid-Afrika, beter te beskerm aangesien ’n saak doodloop wanneer ’n dossier verlore raak en die misdadiger sodoende die reg ontwyk.

Hy sê ’n mens kan hierin sien dat korrupsie wydlopend is, dit bewys ook dat die strafregstelsel Suid-Afrikaners in die steek laat en dit skep ’n omgewing waarin misdaad floreer.

Volgens hom sal hy die saak met die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie opneem om seker te maak daadwerklike stappe word gedoen om oplossings vir die probleem te vind.

Meer oor:  Vf Plus  |  Pieter Groenewald  |  Sapd  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.