Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
7 aangekeer wat pille glo onwettig wou verkoop

Die polisie in Kroonstad in die Vrystaat het Saterdag sewe mense met pille ter waarde van R1,9 miljoen, wat in meer as 1 200 houers weggesteek is, in hul besit aangekeer.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die polisie het Saterdag inligting ontvang oor verdagte mense wat van Gauteng na Kroonstad met antiretrovirale tablette (ARV’s) onderweg is.

’n Intelligensie-operasie in samewerking met ’n taakspan wat onwettige mynbou bestry en in daardie gebied werk, het op die pille, sowel as ’n Chevrolet Cruze, beslag gelê.

Die verdagtes wou glo die MIV-teenmiddels aan ’n potensiële koper van Welkom verkoop.

Die polisie het beslag gelê op 1 272 houers vol ARV’s en vyf mans en twee vroue in hegtenis geneem.

Dié sewe, waaronder vier van Sebokeng in Vereeniging is, sal binnekort in die landdroshof in Kroonstad verskyn.

Twee van die verdagtes is onderskeidelik van Phuthaditjhaba en Theunissen. Die laaste verdagte is ’n Lesotho-burger in Welkom.

Meer oor:  Vrystaat  |  Houers  |  Smokkel  |  Antiretrovirale Tablette  |  Pille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.