Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
7 dood in ongeluk op N4 by Middelburg
Die ongelukstoneel op die N4.Foto: ER24

Sewe mense is Woensdag dood en talle beseer in ’n kettingbotsing waarby drie voertuie betrokke was op die N4-hoofweg by Middelburg in Mpumalanga, het ER24 in ’n verklaring gesê.

’n Paramedikus van die maatskappy het omstreeks 06:00 op die ongelukstoneel naby die afrit by Samora Machelstraat afgekom.

Luidens die verklaring is sewe mense op die toneel dood verklaar, terwyl talle ander mense beserings opgedoen het.

ER24 het twee van die beseerdes na die hospitaal vervoer.

Die omstandighede van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Meer oor:  Middelburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.