Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
7 dood, seun kritiek ná botsing in Harrismith

Sewe mense is dood en ’n 15-jarige seun is in ’n kritieke toestand ná ’n ongeluk Sondagaand op die N3-hoofweg naby Harrismith.

’n Vragmotor, ’n minibus en ’n sportnutsvoertuig was in die botsing betrokke.

Met die noodpersoneel se aankoms Sondag net ná 19:20 is die Pajero, met twee oorledenes, teen ’n versperring in die rigting van Johannesburg aangetref, terwyl die minibus onder die vragmotor in die veld in die rigting van Durban gevind is.

Volgens Ross Campbell, ER24-woordvoerder, is die twee insittendes van die Pajero, sowel as vyf insittendes, vermoedelik van dieselfde familie, wat in die minibus vasgekeer was, op die toneel dood verklaar.

“Die enigste oorlewende van die minibus, wat in die voertuig vasgekeer was, is uit die wrak gehaal en in die hospitaal opgeneem.”

Volgens Campbell was die vragmotorbestuurder met hul aankoms nie meer op die ongelukstoneel nie. Hy kon nie bevestig of die bestuurder reeds na die hospitaal vervoer is nie.

Meer oor:  Kombi  |  N3  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.