Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
7 sterf in gru-ongeluk op N2
Sewe mense is dood en ses ernstig beseer in ’n botsing reg van voor Sondagmiddag op die N2 buite Riviersonderend in die Wes-Kaap. Foto: TWITTER/1Second

Sewe mense is dood en ses ernstig beseer in ’n gru-ongeluk Sondagmiddag op die N2 tussen Riviersonderend en Stormsvlei in die Wes-Kaap.

Jandré Bakker, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap, sê ’n motor en ’n bakkie het laatmiddag reg van voor teen mekaar gebots.

Volgens hom het ’n band van die motor vermoedelik gebars waarna die bestuurder beheer oor die motor verloor het. Dit het toe reg van voor teen die bakkie gebots.

Die N2 was vir ’n geruime tyd vir verkeer gesluit ná die ongeluk.

Bakker kan nog nie sê in watter voertuie die oorledenes of die beseerdes was nie.

Die ses mense wat beseer is, is na nabygeleë hospitale geneem.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk wat Sondagmiddag ná 16:00 gebeur het.

Hy het gesê sake van strafbare manslag word ondersoek. Die name van die oorledenes is nog nie bekend nie.

Bakker het gesê vertragings kan Sondagaand steeds op die N2 voorkom.

’n Motor en ’n bakkie het Sondagmiddag reg van voor op die N2 buite Riviersonderend in die Wes-Kaap gebots. Sewe mense is dood en ses ernstig beseer. Foto: TWITTER/Bosbeer
Meer oor:  N2  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.