Die toename in openbare vervoer op die paaie na en in die Wes-Kaap, veral van minibustaxi’s, word toegeskryf aan die beperking op hoeveel passasiers per voertuig toegelaat word.
Jandré Bakker, kommunikasiehoof van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke, het Sondag gesê omdat voertuie vir openbare vervoer net tot 70% van hul kapasiteit vol mag wees, is daar meer voertuie nodig om dieselfde getal mense te vervoer.
Die provinsiale regering het vandeesmaand gesê hy gaan wetstoepassing in die feestyd en te midde van die tweede golf van die koronaviruspandemie verskerp met behulp van meer padblokkades sowel as ander maatreëls.