Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
71-jarige kritiek ná onderonsie op lughawe

’n 71-jarige man het ernstige beserings opgedoen in ’n vermeende padwoedevoorval op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park.

Die man is in ’n kritieke toestand weens kopbeserings.

Hy was Sondag net ná 10:00 in ’n onderonsie met ’n ander motoris, glo oor ’n parkeerplek voor die lughawe se eindpuntgebou waar passasiers opgelaai word, sê Leigh Gunkel-Keuler, woordvoerder van die lughawe, in ’n verklaring.

Op beeldmateriaal wat die lughawebestuur nagegaan het, blyk dit dat ’n onderonsie tussen die bestuurder van ’n groen sportnutsvoertuig (die 71-jarige) en die bestuurder van ’n goue voertuig ontstaan het.

Beeldmateriaal wys hoe die bestuurder van die sportnutsvoertuig uit sy motor klim en die modderskerm van die goue voertuig skop.

Die bestuurder van die goue voertuig klim uit en die twee mans wissel woorde, waarna ’n vuisgeveg uitbreek.

’n Veiligheidswag van die lughawe het glo binne ’n minuut ingegryp en die vuisslanery beëindig.

Die bestuurder van die goue voertuig stap dan by die gebou in en keer terug met twee mense en hul bagasie.

Terwyl die bestuurder van die goue voertuig die bagasie in die kattebak laai, keer die bestuurder van die sportnutsvoertuig terug en hervat die bakleiery.

Terwyl die bestuurder van die goue voertuig in sy motor probeer terugklim, stamp die bestuurder van die sportnutsvoertuig hom in die gesig.

’n Vuisgeveg ontstaan en die veiligheidswag probeer dit weer beëindig.

Dit is nie ’n aangewese parkeerplek nie. Die veronderstelling is dat iemand wat reeds daar wag gou opgelaai word en dat die motor dat weer ry.
Leigh Gunkel-Keuler, woordvoerder van die lughawe.

In die bakleiery val die bestuurder van die sportnutsvoertuig op die grond en die bestuurder van die goue voertuig jaag weg.

Die onderonsie het sowat vier minute geduur.

Bykomende veiligheidswagte het binne vyf minute by die toneel opgedaag, sê Gunkel-Keuler.

Die polisie en paramedici was op die toneel.

Die lughawe se bestuur het die beeldmateriaal aan die polisie oorhandig om die aanranding te ondersoek.

Gunkel-Keuler sê dit is standaardpraktyk dat motoriste nie voor die lughawe se eindpuntgebou, waar passasiers opgelaai word, parkeer nie.

“Dit is nie ’n aangewese parkeerplek nie. Die veronderstelling is dat iemand wat reeds daar wag gou opgelaai word en dat die motor dat weer ry,” sê Gunkel-Keuler.

“Die man in die goue voertuig het egter uit sy voertuig geklim en die mense in die gebou gaan haal.”

Brig. Vish Naidoo, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die identiteit van die 71-jarige kan nie bekend gemaak word nie.

Die polisie kan ook nie die beeldmateriaal uitreik nie, sê hy.

’n Aanrandingsaak word ondersoek.

Meer oor:  O.R. Tambo-Lughawe  |  Kempton Park
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.