Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
72 kinders in busongeluk beseer
Minstens 72 kinders is beseer nadat ’n bus omgeslaan het. Foto: ER24

Twee kinders is in ’n kritieke toestand nadat die bus waarmee hulle skool toe vervoer is op ’n grondpad naby Underberg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Daar was 72 kinders op die bus wat Dinsdagoggend naby die St. Apollinaris-hospitaal in Makholweni by Centocow omgeslaan het.

Die kinders is deur lede van die publiek na die St. Apollinaris-hospitaal geneem, luidens Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddiens.

Vandaar is die nooddienste ontbied.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê in ’n verklaring die kinders is ondersoek en twee van hulle was in ’n kritieke toestand. Hulle is gestabiliseer en een van die twee is per helikopter na ’n ander hospitaal geneem.

Die ander kinders is volgens Meiring gering beseer en dié wat verdere mediese sorg vereis, is per ambulans na ander hospitale geneem.

McKenzie het bevestig die kinders is na hospitale geneem wat ’n hoër vlak van sorg kan verskaf.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Beserings  |  Ongeluk  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.