Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8 beseer toe motor en bakkie op snelweg bots
Agt mense het ligte tot matige beserings opgedoen in ’n ongeluk op die N3 in Pietermaritzburg.

Agt mense is Dinsdagoggend in ’n botsing tussen ’n bakkie en ’n motor op die N3 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, beseer.

Paramedici en ander nooddienste was om 07:50 op die toneel. Die bakkie wat ’n sleepwa getrek het, sowel as die motor, was in die regterbaan van die snelweg.

“ ’n Aantal mans wat agter op die bakkie gesit het, se liggame het op die toneel rondgelê,” sê Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens ER24.

Agt mense het ligte tot matige beserings opgedoen terwyl vyf ander beserings vrygespring het.

“Paramedici het die pasiënte op die toneel vir hul beserings behandel waarna hulle na die Mediclinic Pietermaritzburg en ’n ander private hospitaal geneem is,” sê Meiring.

Die oorsaak van die ongeluk word deur plaaslike owerhede ondersoek.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Pietermaritzburg  |  Botsing  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.