Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8 dood in grusame ongeluk in Noordwes

Agt mense, insluitende ’n drie maande oue baba, is dood in ’n motorongeluk tussen twee voertuie in Noordwes. Vier van die slagoffers het onherkenbaar verbrand.

Net een persoon het die grusame ongeluk Saterdagmiddag op die Ganyesa-Vryburg-pad in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distrik oorleef.

Vier mense het onherkenbaar verbrand nadat twee voertuie ná ’n botsing aan die brand geslaan het in Noordwes. Nog vier ander mense is ook dood in die ongeluk. Foto: Ischke van Eeden

Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind toe ’n Audi en ’n Volkswagen wat in teenoorgestelde rigtings gery het, reg van voor gebots het.

Volgens kol. Adele Myburgh, ’n polisiewoordvoerder, het die voertuie onmiddellik ná die ongeluk in vlamme uitgebars.

“Verbygangers kon daarin slaag om drie vroue uit die voertuie te red voordat die vlamme by hulle uitgekom het. Ongelukkig het die vlamme albei voertuie verswelg en vier mense het onherkenbaar verbrand,” sê Myburgh.

“Die drie vroue wat uit die voertuie gered is, is ook op die toneel dood verklaar.”

’n 29-jarige vrou is saam met haar drie maande oue dogtertjie na die hospitaal gehaas, maar die baba is met hul aankoms dood verklaar.

’n Audi en Volkswagen het Saterdagmiddag reg van voor teen mekaar gebots. Daarna het die voertuie vlamgevat. Slegs een persoon het die ongeluk oorleef, terwyl agt ander dood is. Foto: Verskaf

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Sello Lehari, Noordwes se LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, het sy medelye aan die oorledenes se families betoon.

“Ons wil ons innige meegevoel betuig aan die families van al die oorledenes en wil hulle sterkte toewens in hierdie moeilike tyd. Dit is moeilik om die afsterwe van ’n geliefde te aanvaar. Dit is nog meer so as die heengaan so tragies is soos hierdie een,” sê Lehari in ’n verklaring.

Lehari het motoriste gemaan om ekstra versigtig te wees soos ons die feestyd nader. Verkeersversperrings vir Oktober onder leiding van wetstoepassingsbeamptes, waaronder stop-en-deursoek-operasies, is reeds in verskillende dele van die provinsie aan die gang.

Meer oor:  Sello Lehari  |  Noordwes  |  Ongeluk  |  Botsing  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.