Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8-jarige kind glo dood weens onwettige kragverbindings

’n Agtjarige meisie van Hillside in Grabouw is Sondag doodgeskok toe sy vermoedelik op onwettige elektrisiteitsverbindings getrap het.

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig hulle het met ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Andile Stokwe, gemeenskapsleier in Grabouw, sê daar word beweer dat familie en inwoners glo ’n verdagte uit woede en hartseer gekonfronteer het wat glo die onwettige kragverbindings by sy huis ingesit het.

Matlhodi Maseko, DA-LPP, het die blaam vir die tragedie voor die deur van misdadigers in die gemeenskap gelê wat onwettige elektrisiteitsverbindings oop en bloot laat lê.

“Die kind het onskuldig in Hillside gespeel in ’n grasveld naby die onwettige elektriese verbindings. Almal weet hierdie kragverbindings is uiters gevaarlik, veral vir jong kinders wat onbewustelik met die elektriese kabels en drade in aanraking kom,” sê Maseko.

Sy sê onwettige elektrisiteitsverbindings het nie die nodige beveiliging om die bedrading en kabels nie en lei gevolglik tot die tragedies.

“Die verbindings verminder ook die stabiliteit van elektrisiteit in woonbuurte en dra op lang termyn by tot kragonderbrekings. Die afgelope drie jaar het elektrisiteitsdiefstal en vandalisme die regering bykans R200 miljoen uit die sak gejaag.”

Maseko het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om onwettige kragverbindings onmiddellik by die polisie of by Eskom aan te meld deur ’n SMS na 32211 te stuur of 08600 37566 te bel.

Die kind het onskuldig in Hillside gespeel in ’n grasveld naby die onwettige elektriese verbindings. Almal weet hierdie kragverbindings is uiters gevaarlik, veral vir jong kinders wat onbewustelik met die elektriese kabels en drade in aanraking kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.