Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8 kinders sterf: Bestuurder het glo nie rybewys

Die bestuurder van die vragmotor wat die naweek ’n ongeluk gemaak het waarin agt kinders dood is, het glo slegs ’n leerlingrybewys.

Die 26-jarige man verskyn Woensdag in die landdroshof op Lehurutshe naby Zeerust in Noordwes op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en/of nalatige bestuur en dat hy sonder ’n rybewys bestuur het, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in die provinsie.

Ses kinders is op die toneel dood waar die bestuurder Saterdag in die Rietpan-omgewing naby Zeerust beheer oor die vragmotor verloor en teen ’n boom vasgery het.

’n Sewende kind is kort daarna ook in ’n hospitaal dood, terwyl nog ’n kind Dinsdag in ’n hospitaal dood is. Sowat 20 ander kinders is beseer.

Hulle was op pad terug van sokkerwedstryde in die omgewing af.

’n Sewende kind is kort daarna ook in ’n hospitaal dood, terwyl nog ’n kind Dinsdag in ’n hospitaal dood is.

Die gemeenskap het blykbaar die vragmotor gehuur om die kinders te vervoer.

Die bestuurder is ook aanvanklik in ’n hospitaal vir sy beserings behandel. Toe hy Maandag sy rybewys moes toon, kon hy nie. Volgens Mokgwabone blyk dit nou hy het net ’n leerlinglisensie.

Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, sê die departement gaan Donderdag ’n gedenkdiens hou vir die kinders wat dood is. Dit sal om 10:00 by die Letlhakane Primary School in die Rietpan-nedersetting gehou word.

Die departement het reeds Maandag gereël dat beraders leerlinge en onderwysers by die betrokke skole besoek.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het die naasbestaandes van die oorlede en beseerde kinders Maandag besoek.

Vier van die oorlede kinders was in die Letlhakane Primary School: Mpho Motsusi (12), Goitseone Marumo (14), Oratile Motswiri (13) en Kgatliso Motswakae (11). Die twee leerlinge van die Ratsela Middle School wat dood is, is Thapelo Sebogo (15) en Otsile Gogontle Sebaeng (14). Een leerling van die Mmajane Secondary School, Khumo Matshogo (14), is ook dood.

Die onderwysdepartement het nog nie die naam bekend gemaak van die agtste kind wat Dinsdag gesterf het nie.

Meer oor:  Brig. Sabata Mokgwabone  |  Zeerust  |  Noordwes  |  Motorongeluk  |  Bestuurder  |  Rybewys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.