Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8 sterf naweek in 4 ongelukke in Oos-Kaap

Minstens agt mense is die afgelope naweek in vier afsonderlike motorongelukke in die Oos-Kaap dood.

’n Ongeluk Saterdagaand op die R61 naby Bizana het die lewens van vyf vroue geëis.

Volgens Charles Bramwell, provinsiale verkeerswoordvoerder, is die vroue op die toneel dood verklaar nadat ’n Toyota-voertuig, met 15 insittendes, en ’n Hyundai-motor, met twee insittendes, reg van voor gebots het.

Die 12 ander insittendes wat die ongeluk oorleef het, is kritiek beseer en in die St. Patrick-hospitaal opgeneem.

In ’n afsonderlike ongeluk op die R349 naby Mooiplaas in Oos-Londen is ’n man Sondag omstreeks 04:20 dood.

Na verneem word, het die bestuurder van ’n Toyota Avanza in ’n boom vasgejaag. Een passasier is dood, terwyl vyf insittendes in die Frere-hospitaal opgeneem is.

In nog ’n ongeluk het, is die bestuurder van ’n Toyota Rav ook Sondag in die vroeë oggendure op ’n grondpad tussen Mthatha en Ngcobo dood.

Bramwell het gesê dié voertuig het blykbaar gerol nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het.

Dit blyk dat spoed asook die bestuurders wat na bewering onder die invloed van drank was, ’n rol in elk van bogenoemde motorongelukke gespeel het, het Bramwell gesê.

Intussen het kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, gesê ’n man is Sondag omstreeks 20:00 in Addo-weg, net buite Port Elizabeth, dood.

Volgens Beetge het die bestuurder beheer oor sy Toyota-voertuig verloor en die voertuig het gerol en die pad verlaat.

Die enigste passasier in die voertuig is op die toneel dood, terwyl die bestuurder in die St. George-hospitaal opgeneem is. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Meer oor:  Charles Bramwell  |  Ongelukke  |  Oos-Kaap  |  Motorongelukke  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.