Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8% van laer howe deur staking geraak, sê Regshulp SA

Regshulp SA het Dinsdag bevestig dat sowat 8% van die laer howe in Suid-Afrika deur sy prokureurs se staking geraak word.

Mfanafuthi Shabangu, woordvoerder van Regshulp SA, sê sy provinsiale kantore is nog besig om te bepaal hoe erg die staking sake in die howe raak.

Volgens hom is die hoofrede vir die staking die sny van sekere werknemersvoordele soos lewensversekering weens begrotingsbesnoeiings. Dit is as ’n laaste uitweg gedoen sodat mense nie hul werk verloor nie.

Die prokureurs is glo ook ontevrede omdat hul enorme werklading hulle verhinder om regshulp van gehalte aan mense te lewer.

Plaaslike bestuurspanne werk saam met die betrokke prokureurs in die howe om te bepaal hoe daar nog ’n diens in belangrike sake gelewer kan word.

Shabangu sê egter nuwe kliënte wat hulp soek, is welkom.

“Daar is kernpersoneel om te verseker dat ons kliënte nie benadeel word nie,” sê hy.

Die staking is veral in Gauteng, met twee stakings wat Maandag in Soweto en Johannesburg plaasgevind het.

’n Memorandum is Maandag aan die bestuur van Regshulp SA oorhandig waarin personeel hul griewe uiteengesit het.

Shabangu het vroeër gesê die verminderde lewensversekering is die gevolg van besnoeiings aan die begroting wat oor ’n tydperk kom.

“Ons moes besluit: Gaan ons werknemers afdank sodat ons ons versekeringsvoordeel kan geniet en daar dan nog minder regsverteenwoordigers in die howe is wat in die groot vaag moet voorsien?”

Shabangu sê voorts daar is interne prosesse wat voorsiening maak vir mense wat oor hoë werkladings kla. Hy sê die werkgewer sal die memorandum in oorleg met die gegriefde werknemers hanteer.

Die geskil kom glo al maande. Die partye kon ook nie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) tot ’n vergelyk kom nie, wat toe tot ’n vreedsame staking op 15 Mei vanjaar gelei het.

’n Memorandum is toe ook aan die uitvoerende hoof oorhandig en die werkgewer het glo hierop gereageer, maar volgens die werknemers steeds nie hul griewe probeer oplos nie.

Daarom volg vandeesweek se bedryfstaking, waar hulle dieselfde memorandum oorhandig het.

Meer oor:  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.