Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
81 in Plet vas weens betogings

Altesame 81 betogers is tot dusver in hegtenis geneem in verband met gewelddadige protesaksie in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap wat die afgelope week hand uit geruk het.

Betogers maak amok in Plettenbergbaai. Foto: Twitter

Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die inhegtenisnemings weens ’n verskeidenheid aanklagte gemaak is nadat polisie ingegryp het om protesoptrede in die dorp te ontlont.

Die N2-snelweg by Plettenbergbaai was reeds vir vier dae gesluit nadat betogers sedert Dinsdagaand amok op dié pad maak.

Ontstoke inwoners het motorbande gebrand en motors met klippe bestook.

Betogers het die strate ingevaar oor onder meer behuising, die hoë werkloosheidsyfer, asook ’n tekort aan werksgeleenthede en aktiwiteite vir die jeug.

Spies sê die situasie in die dorp is steeds gespanne en die pad bly steeds gesluit vir verkeer.

“Die polisie hou ’n waaksame oog oor die gebied sedert protesaksie aanvanklik in Qolweni uitgebreek het en toe na Kwanokuthula versprei het. Die openbare-orde-polisiëringeenheid bly in die gebied om wet en orde te handhaaf.”

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die gemeenskap het Vrydag met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vergader sodat ’n oplossing gevind kan word en die pad weer oopgestel kan word.

“In dié stadium hoop ons om binnekort te hoor of die pad teen Saterdagoggend oopgestel kan word,” het Africa gesê.

Intussen het die Bitou-munisipaliteit vakansiegangers gewaarsku om versigtig te wees as hulle deur Plettenbergbaai reis.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Plettenbergbaai  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.