Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
88-jarige man glo dronk toe hy seuntjie (4) doodry

’n Bejaarde man van Astonbaai wat glo onder die invloed van drank was en ’n vierjarige kind doodgery het, verskyn Vrydag in die hof in Humansdorp in die Oos-Kaap.

Die 88-jarige motorbestuur is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy die vierjarige Godfrey Junior Geswint tussen Astonbaai en Jeffreysbaai in die Oos-Kaap omgery het.

Na bewering het die bestuurder van ’n groen BMW-motor twee kinders langs die pad sien staan. Een van hulle glo skielik die pad oorgesteek. Godfrey is raakgery en op die toneel dood verklaar, het kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, gesê.

Die motorbestuurder is vir alkohol in sy bloed getoets en hy is kort daarna weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

Die motorbestuurder van Astonbaai sal op aanklagte van strafbare manslag en vir die bestuur onder die invloed van drank in die hof voorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.