Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
9 beseer toe taxi, motor bots in Vanderbijlpark

Nege mense is Woensdagoggend in Vanderbijlpark in Gauteng beseer in ’n botsing tussen ’n minibustaxi en ’n motor.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 07:00 by die ongelukstoneel in Piet Retief-boulevard aangekom en ’n minibustaxi op sy sy in die pad gevind. Die motor waarteen die minibustaxi gebots het, het ’n entjie verder gestaan.

“Verskeie passasiers van die minibustaxi het op die toneel rondgeloop. ’n Man het veelvuldige beserings opgedoen en sy toestand is ernstig. Agt mense het matige beserings opgedoen,” sê Meiring.

Al die beseerdes is gestabiliseer en na die Sebokeng- en Kopanong- provinsiale hospitaal geneem.

Meiring sê dit is nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie.

Die minibustaxi wat Woensdagoggend met ’n motor in Piet Retief-boulevard in Vanderbijlpark gebots het. Nege mense is in die ongeluk beseer. Foto: ER24
Meer oor:  Russel Meiring  |  Gauteng  |  Vanderbijlpark  |  Motor  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.