Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
9 dood ná oorstromings in Wes-Kaap
Kenny Africa, Wes-Kaap se provinsiale verkeershoof.Foto: Melinda Stuurman, SON

Nege mense is Dinsdagaand dood in oorstromings wat in dele van die Overberg- en Kaapse Wynlande-distrik in die Wes-Kaap voorgekom het.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het Woensdagoggend bevestig dat vyf insittendes van ’n motor weggespoel het, nadat hulle uitgespring het toe “massa water” by die Highnoon-pas net buite Villiersdorp afgekom het.

Daarna is die lyke van vier vroue en een man gevind.

In ’n ander voorval in Bloemhof in die omgewing van Montagu, is vier mans wat saam in ’n voertuig was in die oorstromings dood, het Africa bevestig.

Albei voorvalle het Dinsdag omstreeks middernag plaasgevind.

Reën, donderweer en selfs hael het Dinsdag die middag en aand oor groot dele van die Wes-Kaap voorgekom, met foto’s en video wat op sosiale media gedeel is.

Op plekke in die Overberg-distrik, insluitende die kusdorp van Hermanus, het buitengewone swaar reën uitgesak wat na oorstromings en strome water op die paaie gelei het.


Meer oor:  Wes-Kaap  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.