Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 dood toe bakkie met werkers omslaan

Tien mans is dood en 14 ander beseer toe ’n bakkie Saterdagoggend op Ou Kaapse-weg in Steenberg in die Wes-Kaap verskeie kere omgeslaan het.

ER24 sê sy paramedici is Saterdagoggend kort voor 02:00 na die ongelukstoneel.

Nege mans is op die toneel dood verklaar.

Die ongelukstoneel Saterdagoggend vroeg in Ou Kaapse-weg.

Nog drie mans het ernstige beserings opgedoen en 11 lig tot matige beserings, luidens ’n verklaring.

Die pasiënte is na nabye hospitale gebring. 'n Tiende man het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Verkeersowerhede was op die toneel en die voorval word ondersoek.

Volgens inligting van die Wes-Kaapse verkeersdienste het die bestuurder van die ligte afleweringsvoertuig na bewering beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.

Die voertuig het blykbaar konstruksiewerkers vervoer toe die ongeluk gebeur het. Na bewering het die voertuig 23 werkers vervoer.

Meer oor:  Steenberg  |  Padserftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.