Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AA bekommerd oor rybewys-situasie in Tshwane
Solly Msimanga, DA-burgemeester van die Tshwane-metroraad in Pretoria. Foto: Samson Ratswana

Die Automobiel Assosiasie (AA) is besorg oor ’n agterstand met die hernuwing van rybewyse in Pretoria ná ’n reeks inbrake by lisensiesentrums waarin onder meer rekenaars gesteel is.

Die sentrum in Waltloo reik nie lisensies uit nie omdat rekenaars gesteel is.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, meen die inbrake is doelbewuste sabotasie. Hy het vandeesweek die sentrum in Akasia besoek en aan klante gesê die metroraad is bewus van die probleme en doen alles moontlik om dit reg te stel.

Die AA sê motoriste moet besef hulle mag hul rybewyse by enige sentrum in Gauteng hernu. Motoriste kan probeer uitvind by watter sentrums hulle vinnig gehelp kan word.

Motoriste moet bewus wees van die vervaldatum van hul rybewys en dit betyds laat hernu.

Mense mag vooraf ’n oogtoets by ’n private oogkundige kry.

Die AA sê die probleme is ’n geleentheid vir die metro om sy diens te verbeter met ander opsies vir hernuwing van rybewyse.

Meer oor:  Automobiel Assosiasie  |  Aa  |  Solly Msimanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.