Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Aangehoude leeus nou vry ná brand op plaas

Twee jong leeus is die nuwe konings van ’n wildbewaringsentrum in die Vrystaat nadat ’n brand vroeër die kampe verwoes het waarin hulle op ’n plaas aangehou is.

Fiona Miles, direkteur van die Four Paws-organisasie, het Sondag gesê sy hoop die twee leeus het nou vir die res van hul lewe ’n tuiste by die Lionsrock Big Cat Sanctuary naby Bethlehem.

Die lieflike diere is hier vry van aanhouding, hoef nie te teel nie en hulle is boonop vry van die geblikte leeujagbedryf.

“Die lieflike diere is hier vry van aanhouding, hoef nie te teel nie en hulle is boonop vry van die geblikteleeujag-bedryf.” 

Sy sê die twee leeus is op ’n teelplaas in die Vrystaat gebore en toe aan ’n boer verkoop wat hulle gebruik het om sy plaas te beveilig.

Die eienaar het onlangs sy plaas verkoop en terwyl hy moes besluit wat om met die leeus te maak, het ’n brand uitgebreek by die kampe waar die leeus aangehou is.

“Die leeus het slegs ligte skroeimerke in die brand opgedoen en is gelukkig nie ernstig beseer nie,” sê Miles.

“Leeus hoort nie in aanhouding nie en is beslis nie bedoel om as ’n veiligheidsmaatreël ingespan te word nie.” 

Sy sê die Lionsrock Big Cat Sanctuary is ’n gepaste omgewing vir hulle.

Volgens haar is sowat 1 000 leeus al in die land doodgemaak in die geblikteleeujag-bedryf, en daar is meer as 8 000 leeus in aanhouding by 260 teelplase oor die land heen. - News24

Meer oor:  Vrystaat  |  Leeus  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.