Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Aanklaers in Bloem uit kantore gesit

Alle staatsaanklaers van die direktoraat van openbare vervolging (DOV) in die Vrystaat is dakloos nadat die departement van openbare werke nie die huurkontrak vir hul kantore in Bloemfontein kon afhandel nie.

Die maatskappy Maono Construction and Property Development het Dinsdagmiddag eie reg gebruik en amptenare van die DOV uit hul kantore in die Watervalsentrum in die middestad gesit.

Amptenare van die direktoraat van openbare vervolging in die Vrystaat staan Woensdagoggend voor geslote deure. Foto: Alzane Narrain

Daarna is al die slotte aan die deure vervang en gesluit.

’n Noodvergadering is Woensdagoggend agter geslote deure in die hooggeregshof in Bloemfontein tussen amptenare van die DOV gehou.

Amptenare stap Woensdagoggend by die hooggeregshof in Bloemfontein in om ’n noodvergadering by te woon. Foto: Alzane Narrain

Adv. Navilla Somaru, waarnemende direkteur van die DOV, het ná die vergadering gesê die aanklaers gaan tot verdere kennisgewing van hul huise af werk.

“Die onwettige uitsetting gaan nie ons werk en diens aan die publiek belemmer nie. Geen verhore gaan uitgestel word nie.”

Sy sê dit is ontstellend hoe personeellede Dinsdag uit hul kantore gedwing is.

Die moraal onder die advokate en aanklaers was maar swak ná die vergadering.

Unathi Ndlovu, uitvoerende hoof van Maono Construction and Property Development, wou nie by navraag kommentaar oor die uitsetting lewer nie.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van openbare werke, het ook nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Huurkontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.