Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Aardklop se hart klop weer pure kuns
Die nuwe Aardklop logo. Foto: Verskaf

Net ’n paar maande gelede het almal gedink Aardklop het die emmer geskop. Maar te danke aan ’n paar kanniedoders het dié kunstefees weer ’n polsslag gekry. En dié week is aangekondig dat Aardklop se hart nou weer pure kuns klop.

Alexa Strachan, nuwe feesbestuurder, het by die bekendstelling van die feesprogram in Johannesburg gesê: “Dis amazing. ’n Groepie mense en instansies het bymekaar gekom en besluit: Daar sál ’n Aardklop wees. En hier is ons nou. In net sewe weke het ons ’n hele fees gereël. Ons het niks gehad toe ons begin het nie. Daar was geen databasis (van byvoorbeeld kunstenaars of verskaffers) nie. Ons het twee e-posadresse gehad.

“Nou het ons ’n volledige span en glo my, met hierdie mense kan jy oorlog toe gaan.”

Onder die debuutproduksies is daar die dramaturg Saartjie Botha se stuk So ry Miss Daisy, die Afrikaanse première van die Pulitzer-bekroonde drama Driving Miss Daisy, met Sandra Prinsloo en John Kani.

Vir Altyd se akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts gaan saam op die verhoog te sien wees in Beurtkrag, ’n verhoudingsdrama wat handel oor die kwesbaarheid tussen geliefdes wanneer ’n kragonderbreking die twee wegdwing van tegnologie en nader aan mekaar.

Nog iets om na uit te sien is Sixty Love, ’n viering van die bekende literêre figuur Joan Hambidge se digkuns. Die fees is ook terug op die Bult van Potchefstroom waar dit jare gelede begin het.

“Die kunste lê Potchefstroom as gemeenskap na aan die hart. Die inwoners van Potch het hul harte oopgemaak en met geesdrif en ywer plan gemaak om Aardklop weer op die been te bring,” sê Strachan.

“Ons mikpunt is om Thomas Twyfelaar weer verlief te maak op die fees. Aardklop 2016 vier meer as net akteurs en musikante, meer as ligte en klank. Hierdie fees is ’n hartsaak.”

  • Die Aardklop Kunstefees word van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom gehou. Kaartjieverkope open 3 Augustus by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.