Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
ABO-veiling op Onze Rust gehou

’n Anglo-Boereoorlogherdenkingsveiling word op Erfenisdag, Dinsdag 24 September, op die Onze Rust-landgoed buite Bloemfontein gehou.

Die veiling word gehou vir die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog. ’n Deel van die opbrengs is bestem vir Volksblad se Omgeefonds.

Oudhede soos dié uitsonderlike buffet uit die 19de eeu sal opgeveil word. Dit het agt pote.
Hierdie afdruk van pres. Paul Kruger en pres. M.T. Steyn sal ook opgeveil word. Kruger en Steyn was onderskeidelik leiers van die twee Boere-republieke wat in die Anglo-Boereoorlog teen die Britte geveg het.Foto: Verskaf
Dié emalje-waskom, -beker en -emmer sal ook opgeveil word. Dit kom uit die era van die Anglo-Boereoorlog. Foto: Verskaf

Jackie Steyn, wat saam met haar man, adv. Colin Steyn, besluit het om die veiling te hou, sê dit word op Erfenisdag gehou om almal ’n kans te gee om dit by te woon.

Dit word gehou met die samewerking van Jeandré Smith van Nico Smith Afslaers en begin om 11:00.

’n Maksimum van 120 items wat vooraf ingeskryf is, sal opgeveil word.

Verkopers moet die items self by die veiling besorg en kopers moet dit self wegneem.

Dié hout-wakis dateer van 120 jaar gelede.Foto: Verskaf
Die binnekant van die hout-wakis. Foto: Verskaf
Nog ’n wakis wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer en onder die hamer gaan kom. Foto: Verskaf
’n Koolstoof wat in ’n Boerehuis gebruik is. Van dié stowe sal ook op 24 September opgeveil word. Foto: Verskaf

Nico Smith Afslaers is verantwoordelik vir die boekhouding, rekonsiliasie en oorbetaling aan die Omgeefonds. Die koperskommissie van 15% word aan die Omgeefonds afgestaan.

Enigiemand kan ’n item inskryf. Dit sal deur ’n komitee gekeur word. Die komitee sal ook 15 uitstallers kies wat hul ware by die geleentheid sal kan vertoon. Dit kos R300 per stalletjie.

Daar sal ook ’n bagasiebakverkoping wees. Mense is welkom om items te bring wat hulle so wil verkoop. Dit sal ook deur die komitee gekeur word. Die koste hiervan is R50.

Vir ontspanning sal daar ’n biertuin, teetuin, verversings, tente en stoele wees.

Steyn sê dit sal ’n geleentheid wees vir die hele gesin, ook die grootouers.

Versamelaars, veilinggeesdriftiges, stokperdjie-entoesiaste, bagasiebakverkopers en snuffelaars is almal welkom.

Mense wat items vir die veiling wil inskryf, ’n stalletjie wil hê of aan die bagasiebakverkoping wil deelneem, moet foto’s en beskrywings per e-pos stuur na Betsie Roux by ar43@mweb.co.za.

Vir meer besonderhede bel Roux by 082 413 9275 of Jackie Steyn by 082 577 7323.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Anglo-Boereoorlog  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.