Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ace kry ere-doktorsgraad in Turkye
Ace Magashule, Vrystaatse premier, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Bahçesehir-Universiteit in Turkye. Foto: Verskaf

Ace Magashule, premier van die Vrystaat, het Vrydag ’n eredoktorsgraad van die Bahçesehir-Universiteit in Istanbul, Turkye, ontvang.

Tiisetso Makhele, Magashule se woordvoerder, sê die Vrystaatse regering is van mening dat dié eer Magashule al eintlik lank moes toegeval het.

“Ons dink dat die Vrystaat onder sy leierskap ’n onuitwisbare indruk maak as een van die mees formidabele plekke van waar en waarbinne menslike ontwikkeling plaasvind.”

Makhele sê Magashule is passievol toegewy aan die onderwys sedert hy premier in 2009 geword het.

“In die laaste paar jaar laat die Vrystaatse regering onder sy leierskap derduisende studente oorsee in lande soos Kuba, Rusland, Turkye en China studeer.

Die eredoktorsgraad is nie vir my as ’n individu nie. Dit is eerder ’n erkenning van die goeie werk wat deur almal in die regering en die ANC gedoen word.
Ace Magashule

“In die afgelope vyf jaar het die Vrystaatse matrieks se uitslae gewys dat hulle onder die bes presterende provinsies in die land tel. Verlede jaar het die Vrystaat ’n slaagsyfer van meer as 90% in matriek gehad.”

Makhele haal prof. Senay Yalcin, rektor van die Bahçesehir-Universiteit, aan uit ’n brief waarin hy skryf hy wil Magashule graag met ’n eredoktorsgraad vereer op grond van jare lange diensbaarheid aan die Vrystaat en Suid-Afrika.

“Ook vir jare se diens aan die ANC en veral vir harde werk om die onderwysdrome van die Vrystaatse jeug waar te maak.”

Volgens Makhele is Magashule nou in die dampkring van mense soos dr. Óscar Arias Sánchez, ’n ontvanger van die Nobelprys vir vrede en voormalige president van Costa Rica, wat ook voorheen ’n eredoktorsgraad van dieselfde universiteit ontvang het.

Magashule het gesê dat hy opgewonde maar nederig is om op dié manier vereer te word.

“Die eredoktorsgraad is nie vir my as ’n individu nie. Dit is eerder ’n erkenning van die goeie werk wat deur almal in die regering en die ANC gedoen word. Ons moet voortgaan om die inwoners met uiterste menslikheid te dien.”

Kgotso Morapela, Vrystaatse leier van die EFF, sê in ’n verklaring “dat dit net nog ’n voorbeeld is van hoe die Vrystaatse keiser daarvan hou om homself te verheerlik en hom met ‘troetelprojekte’ soos Operasie Hlasela besig te hou waardeur hy die belastingbetalers se geld kan steel.”

Morapela sê dit is nou ’n geruime tyd dat die Vrystaatse regering daarop roem dat hy 7 000 studente in en buite Suid-Afrika se studies betaal.

Ook dat 40 van die studente in Turkye studeer.

“Die meerderheid van die beweerde 7 000 studente studeer aan universiteite in China, Kuba en ander lande, waarvan sommige universiteite nie oor bewese rekords besit dat hulle behoorlike en wettiglik erkende akkreditasie-sentrums vir hoër onderwys is nie. ’n Mens kan maar net wonder oor die langtermyngevolge hiervan.”

Meer oor:  Ace Magashule  |  Turkye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.