Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Affies in rou nadat leerling eie lewe neem

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria is in rou ná die dood van een van sy uitblinkers.

Ian Visser, ’n gr. 12-leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, het Maandagmiddag sy eie lewe geneem. Foto: Facebook

Ian Visser, ’n gr. 12-leerling aan dié skool, het Maandagmiddag sy eie lewe geneem.

“Hy was hardwerkend en doelgerig. Hy het altyd sy bes gedoen in alles wat hy nagestreef het. Hy was ’n uitblinker in alles,” het André Visser, Ian se pa, Dinsdagmiddag by navraag gesê.

Peregrine Joynt, skoolhoof, sê Ian was ontsettend talentvol.

“Ons gaan hom baie mis. Hy was begaaf op alle terreine.”

Joynt sê ’n somber atmosfeer het Dinsdagoggend oor die skool gehang.

“Wat gebeur het, is ontsettend hartseer en tragies.”

Hy sê ’n span van dominees en sielkundiges was Dinsdagoggend by die skool om berading aan die leerlinge en Ian se vriende te bied.

“Ons fokus in dié stadium is om die leerlinge, Ian se broer en sy vriende en familie te ondersteun.”

Ian se broer, Leander, is in gr. 10 aan dieselfde skool.

Volgens Joynt het Ian Maandag soos gewoonlik skoolgegaan.

Visser sê sy kind se dood het as ’n groot skok gekom.

“Ons is uit die veld geslaan. Ons probeer die situasie hanteer en ons vat dit een stap op ’n slag.”

Visser sê Ian het aan depressie gely.

“Dit was sekerlik deel van die proses. Ek wens ons het antwoorde gehad, want dan sou ons nie nou hier gewees het nie.”

Luidens ’n inskrywing op die skool se Facebook-blad sal Ian onthou word vir sy spontaneïteit en vriendelikheid.

“Hy was ’n lid van die skool se konsertorkes en die Affie-swingensemble. Hy was verlede jaar ’n kategoriewenner van die Affie-Artes en is genooi om in twee nommers tydens die gala-aand op te tree.”

Luidens die inskrywing het Ian in die koor gesing en hy was deel van ’n junior debatspan wat twee keer deurgedring het na die eindronde van die ATKV se nasionale kompetisie.

“Ian het jaarliks akademiese erekleure verwerf en het in 2017 en 2018 die trofee vir die beste leerling in musiek ontvang.”

Hy het in 2018 ’n prys ontvang vir sy bydrae tot die skoollewe.

Ian het jaarliks akademiese erekleure verwerf en het in 2017 en 2018 die trofee vir die beste leerling in musiek ontvang.

Hy is ook aan die einde van sy gr. 11-jaar verkies tot die skool se leierraad.

Ian het vanjaar vir die skool se tweede, derde en vierde hokkiespan gespeel.

Medelye met Ian se familie en vriende is Dinsdag op sosiale media gedeel.

Ella Schoeman du Plessis skryf: “Mag Jesus Ian se ouers, Leander, familie en vriende styf toevou in vertroosting en krag. Baie sterkte in hierdie bitter moeilike tyd. Ons hou jul almal in ons gebede. RIV liewe Ian-kind.”

Chantelle Venter skryf: “My liefste Ian-kind, ons is gebroke. Ons was só lief vir jou! Ek weet jy sing reeds in die hemelkoor! Maak mooi musiek by God en sing jou hart uit! Lief vir jou vir altyd my seun.”

Daar sal voorlopig Vrydagoggend ’n begrafnisdiens gehou word by die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Kry hulp hier:

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) bied hulp aan mense wat met depressie worstel. Skakel die noodlynnommer 0800 567 567.

Meer oor:  Pretoria  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.