Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afleggings ‘nie in SAUK se woordeskat’

Die SAUK het vrese probeer besweer nadat die inhoud van ’n interne memorandum uitgelek het waarin aangedui word dat die bal aan die rol gesit word vir ’n grootskaalse aflegging van sy werknemers.

Neo Momodu, SAUK-woordvoerder, sê die woord “afleggings” is nie deel van die openbare uitsaaier se woordeskat nie.

“Ons het ons werknemers in kennis gestel dat ons van voorneme is om met vakbonde in gesprek te tree rakende kostebesnoeiings wat ons by die uitsaaier in werking stel,” sê Momodu.

Die uitsaaier, wat in ’n finansiële verknorsing is, het Donderdag dié brief aan sy werknemers gestuur.

Daarin word die werknemers ingelig dat die uitsaaier met die leierskap van georganiseerde arbeid vergader het en word hulle in kennis gestel dat afleggingsprosedures beplan word in terme van art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Luidens die brief wat deur Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof, uitgestuur is, is die besluit om mense af te lê deel van kostebesnoeiing.

“Die volgende stap vir die SAUK is om gesprekke te voer met die vakbondleiers met die doelwit om ’n konsensus te bereik. Ons gaan alle werknemers op die hoogte hou van die verwikkelinge aangaande die proses,” lui Mxakwe se skrywe.

Momodu sê egter die uitsaaier is nog nie op die punt om mense in die pad te steek nie. “Ons sê nog nie ons is al daar nie. Ons oorweeg dit net.”

Donderdag se vergadering met die vakbonde was bloot om hulle in kennis te stel van die kostebesnoeiings en dat die SAUK verdere besnoeiings, wat dalk ’n art.189-proses kan insluit, oorweeg.

“Ons dink net daaraan en ons het die vakbonde ingelig dat ons alles moontlik gedoen het om koste te besnoei.”

Momodu het bygevoeg dat die uitsaaier egter nou op ’n punt is waar hy ander opsies moet oorweeg.

Mxakwe het in Augustus gesê die uitsaaier het “ernstige likiditeit-uitdagings”.

Volgens Yolande van Biljon, finansiële hoof, skuld die SAUK sy krediteure meer as R694 miljoen.

Meer oor:  Afleggings  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.