Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AfriForum na hoogste hof sou Afrikaans by UP val

AfriForum sê hy gaan nie ophou veg vir Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria (UP) nie en sal hom tot die konstitusionele hof wend indien Afrikaans nie in lesinglokale behoue bly nie.

Volgens Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Jeug op Tuks, gaan hulle nie die stryd vir Afrikaans laat vaar nie.

“Ons sal toesien dat ’n saak van direkte diskriminasie teen Afrikaanssprekendes in die konstitusionele hof voorkom,” sê Barnard.

AfriForum en AfriForum Jeug werk aan ’n strategie om vir Afrikaans aan die UP te veg nadat Afrikaans Saterdag sleg tweede gekom het toe ’n taalwerkgroep van die UP byna eenparig aanbeveel het dat alle klasse voortaan net in Engels aangebied word.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is ’n tweeledige strategie.

“AfriForum gaan meer fokus op die ouers en alumni se belange en AfriForum Jeug op die studente s’n,” sê Bailey.

Barnard en Bailey sê hul laaste hoop om Afrikaans in lesingsale te behou, is om ook ’n voorstel aan die universiteitsbestuur voor te lê wat Afrikaans as onderrigtaal in lesings ondersteun.

“Dis die laaste kans wat die universiteit ons gun om deur die amptelike kanale iets op die tafel te sit. Indien hulle dan steeds voortgaan om ’n slegs-Engels-taalbeleid voor te stel, gaan ons beslis regstappe doen,” sê Bailey.

“Ons gaan ’n voorstel aan die universiteitsbestuur voorlê wat werkbare oplossings bied om dit moontlik te maak dat lesings in Afrikaans aangebied kan word,” sê Barnard.

“Ons sal ons nie tot geweld wend om ons sin te kry nie. Ons sal egter alle ander maniere gebruik om vir Afrikaans as onderrigtaal aan die UP te veg,” sê Barnard.

Bailey sê die breër oplossing is om ook meer op Afrikaanse private instellings te begin fokus.

“Akademia is ’n voorbeeld van ’n Afrikaanse private instelling wat in Suid-Afrika uitgebrei moet word. Dis al hoe ons Afrikaanssprekendes die geleentheid sal kan gee om in hul moedertaal onderrig te word.

Anna-Retha Bouwer, UP-woordvoerder, sê die voorstel wat op die lekgotla goedgekeur is om aan die universiteitsbestuur voor te lê, is nie die enigste voorstel wat in ag geneem gaan word nie.

“Daar is ’n eksterne paneel van belanghebbendes wat ook aanbevelings aan die universiteitsraad gaan doen. Daar is dus verskeie voorstelle wat in ag geneem gaan word voordat ’n finale besluit geneem word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.