Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AfriForum stig eie maatskappy vir veiligheid

AfriForum het sy eie private veiligheidsmaatskappy gestig waarmee hy wil help om misdaad te bekamp en potensiële gevalle van onrus by veral skole te ontlont.

Kallie Kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Donderdag op die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria gesê Forum Sekuriteit is by die owerhede geregistreer.

Lede sal streng gekeur word en goeie opleiding kry. “Ons wil nie ’n klomp cowboys hê wat in die strate rondhardloop nie.”

Kriel sê AfriForum sal probeer om oral met die polisie saam te werk. Hy doen dit reeds op verskeie plekke.

Volgens Kriel word spanne opgelei om te help met die ontlonting van onrussituasies by veral skole, deur die minimum geweld te gebruik. Hy sê 3 800 mense is reeds vanjaar opgelei.

AfriForum het ook vanjaar vier lugsteuntakke gevestig. Dit behels dat dié organisasie met eienaars van private vliegtuie of helikopters saamwerk en hul brandstof betaal as observasie uit die lug nodig is – 19 operateurs van hommeltuie is ook al opgelei.

Meer oor:  Solidariteit  |  Afriforum  |  Kallie Kriel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.