Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AfriForum vra ondersoek na Knysna-brande in 2017

Die Knysna-munisipaliteit staan steeds by sy bevindings oor die oorsprong van die brande op 7 Junie 2017.

Die Knysna-brande van Junie 2017.Foto: Verskaf

Die munisipaliteit het vroeër onder meer in ’n verslag bevind dat menslike bedrywighede vir die brand verantwoordelik was.

Infrastruktuur en huise is onder meer vernietig en miljarde rande se skade is aangerig.

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê in ’n verklaring hy sal dit verwelkom as die Knysna-munisipaliteit hom amptelik van die Clinton Manuel-verslag (die verslag oor die brand wat opgestel is deur Manuel, Knysna se voormalige brandweerhoof) distansieer, “met spesifieke verwysing na die foutiewe aanduiding oor die oorsprong en die oorsaak van die Elandskraal-brand”.

Reint Dykema, kennisbestuurder van AfriForum, wat namens AfriForum die brande saam met dr. David Klatzow, ’n forensiese wetenskaplike, ondersoek het, sê die munisipaliteit moet ook ’n interne ondersoek begin waarom die Knysna- en Sedgefield-brandweer besluit het om die smeulende Elandskraal-brand te ignoreer.

Luidens AfriForum se verklaring “verdien die publiek die waarheid oor die oorsaak van die Knysna-brande”.

Luidens die verklaring het AfriForum ná die brand Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier, se toestemming gevra om die brande onafhanklik te ondersoek. Sy het ingestem en AfriForum het Klatzow genader om al die brande – spesifiek die brand in Elandskraal – te ondersoek.

Die Klatzow-verslag oor die Elandskraal-brand en Manuel se verslag was egter teenstrydig oor die oorsprong en oorsaak van brand.

Die Klatzow-verslag oor die Elandskraal-brand en Manuel se verslag was egter teenstrydig oor die oorsprong en oorsaak van brand. Dit het daartoe gelei dat die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), wie se data verkeerdelik en sonder die nodige toestemming deur Manuel gebruik is, ook die brande ondersoek het, luidens die verklaring. Die WNNR het uiteindelik sy eie verslag oor die oorsprong en oorsaak van die brand saamgestel, wat bevestig dat die Klatzow-verslag korrek is en die Manuel-verslag foutief, lui die verklaring.

Volgens die Klatzow-verslag het weerlig die brand op 12 April 2017 veroorsaak, terwyl die Manuel-verslag dit aan brandstigting toegeskryf het. ’n Google Earth-foto wat op 20 April 2017 geneem is en by die Klatzow-verslag ingesluit is, bevestig dat die westelike Knysna-brand op die plaas Elandskraal naby die Karatara-rivier ontstaan het. Luidens die Klatzow-verslag het dié vuur weke lank gesmeul, waarna dit versprei het tot die brande wat op 7 Junie 2017 in en om Knysna begin woed het.

Oor AfriForum se verklaring sê Christopher Bezuidenhout, ’n munisipale woordvoerder van Knysna, by navraag dat die munisipaliteit volstaan met sy verklaring oor die brande van Augustus 2017.

Luidens die verklaring het Manuel verduidelik dat die oorsprong van die brand in ’n gebied in Elandskraal was wat skoongemaak is. Getuienis is gevind van ’n mensgemaakte vuur. Luidens die verklaring het getuienis verder getoon dat die brand versprei het weens die weerpatrone op 7 Junie 2017. Daar kon nie met sekerheid gesê word of die brand opsetlik gestig is nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Knysna-Brande  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.