Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AfriForum vra ondersoek na polisie in Kaapstad

AfriForum eis ’n ondersoek op die hoogste vlak na die Wes-Kaapse polisie se “ondeurdagte” optrede tydens ’n protesoptog deur die toerismebedryf vroeër in Kaapstad.

AfriForum het Woensdag aan genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, geskryf en hom gevra om lt. genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiehoof, en haar bestuurspan se optrede tydens die optog van 24 Julie te ondersoek.

Thomas van Dalen, AfriForum se waarnemende hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidelike streek, het Woensdag in ’n verklaring gesê AfriForum het op 24 Julie aan Matakata geskryf en redes gevra vir die “onnodige en hardhandige” hantering van lede van die toerismebedryf.

Skok uitgespreek

“Die organisasie het sy skok uitgespreek oor die wrede en hardhandige hantering van mense wat in (die middestad van) Kaapstad aan ’n vreedsame betoging deelgeneem het. Die polisie het optoggangers met ’n waterkanon gespuit en met traangas en skokgranate uiteen gejaag”

Volgens Van Dalen is verskeie aanmanings aan Matakata gerig oor ’n verduideliking.

Rampbestuurwet

Op 27 Augustus het Matakata teruggeskryf en gemeld “ingevolge regulasie 37 van die Rampbestuurwet is alle samekomste verbied met sekere uitsonderings. Dié optog was nie op die lys van uitsonderings nie.”

Van Dalen meen die polisie se optrede dui op substandaard opleiding en ’n onvermoë om wet en orde te handhaaf.

“In die lig daarvan het AfriForum ons misnoeë te kenne gegee oor Matakata se flou verweer en het haar stelling verwerp dat die gebruik van die waterkanon in dié geval deel uitmaak van minimum geweld,” sê Van Dalen.

AfriForum meen Sitole sal positief op hul versoek reageer.

Meer oor:  Afriforum  |  Toerismebedryf  |  Protesoptog  |  Ondersoek  |  Wes-Kaapse Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.