Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afrikaans is Groot gaan voort ondanks kuberaanval

Die Afrikaans is Groot-konserte gaan beslis voort.

So het Arnold Coleske, een van die organiseerders, Maandag gesê nadat dit Sondag bekend geword het dat kuberaanvallers in Maart ’n aanval op Computicket se webtuiste uitgevoer en die verkope van kaartjies gesaboteer het.

Sowat 85 000 kaartjies is die oggend van 27 Maart, toe kaartjies aanlyn beskikbaar gemaak is, deur onbekende kopers bespreek. Die kaartjies is egter nooit gekoop nie.

Mense wat kaartjies wou koop, kon gevolglik nie kaartjies kry nie.

Shoprite, wat Computicket besit, het vroeër vanjaar ’n strafregtelik klag by die Kaapstad Sentraal-polisiekantoor ingedien.

Coleske sê die impak van die aanval was enorm. “Kort nadat die kaartjies die oggend om 10:00 beskikbaar was, het Computicket se webtuiste feitlik onmiddellik begin hang en toe gesê kaartjies is nie beskikbaar nie.”

Daar was al in die verlede probleme met Computicket se stelsel, maar nie op so ’n groot skaal nie, sê hy.

“Ons kon nie verstaan wat gebeur het nie.”

Die aanval was so groot dat Computicket sy webtuiste moes sluit om die probleem reg te stel, sê Coleske.

Shoprite, wat Computicket besit, het vroeër vanjaar ’n strafregtelik klag by die Kaapstad Sentraal-polisiekantoor ingedien.

Die ondersoek is intussen na die polisie se handelstak verwys.

Op versoek is die Afrikaans is Groot-kaartjieverkope juis van Ticketpro na Computicket geskuif in die hoop dat daar nie weer, soos in die verlede, probleme met kaartjieverkope sou wees nie. “Nieteenstaande was daar weer ’n groot tameletjie. Nou het Afrikaans is Groot agter die kap van die byl gekom oor wat vermoedelik gebeur het.”

Die Shoprite-groep het bevestig dat ’n strafsaak aanhangig gemaak is.

Daar is glo bewyse van wie agter die aanval kan sit. “Ons gaan dit egter nie in die openbaar bespreek nie omdat dit die ondersoek kan belemmer,” sê Coleske.

Kaartjies is wel beskikbaar vir die konserte wat op 23, 24, 25, 29, 30 November en 1 en 2 Desember in Pretoria gaan plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.