Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afrikaans opnuut onder die loep op Jeugdag
Graffiti op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria lui “Afrikaans must fall”. Foto: Theana Breugem

Donderdag se herdenking van die jeugopstand van 1976 het die plek van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse onderrigstelsel opnuut in die kollig geplaas.

Studente-aktiviste het in die sosiale media te velde getrek omdat hulle nog oor “dieselfde kwessies” moet betoog en dat ander inheemse tale steeds nie ’n plek in instellings van hoër onderrig het nie, maar Afrikaans wel.

Talle het foto’s gedeel waarmee hulle studentebetogings in die apartheidsera met dié van verlede jaar vergelyk het.

“Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde,” sê Wanelisa Xaba, ’n aktivis aan die Universiteit van Kaapstad.

Dr. Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, sê daar moet in die oog gehou word dat Afrikaans óók 'n taal van bevryding is en die taal waarin baie mense teen onreg gestry het.

Volgens hom lei die verengelsing van skole en universiteite, en die oningeligte eise dat Afrikaans moet val, tot nuwe gevoelens van verlies onder Afrikaanssprekendes.

“Sharpeville raak steeds almal van ons. Ook Afrikaans dra steeds die letsels van 1976. Die voorstelling van Afrikaans as die taal van die onderdrukker loop steeds diep en resoneer met baie studente op talle kampusse; ook met amptenare of politici wat hulle vir die uitrangering van die taal beywer,” sê hy.

“Baie onreg ís inderdaad in Afrikaans gepleeg. Afrikaans is egter vir baie ook die taal waarin hulle téén onreg gestry het en talle Afrikaanse studente het met hul lewe hiervoor geboet.”

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het op die Jeugdagvieringe in Soweto gesê vandag se studenteprotes is heeltemal anders as 40 jaar gelede, berig EWN.

Radebe sê hoewel die gebruik van Afrikaans in die klaskamer steeds gedebatteer word, gebeur dit nou in ’n regverdige, demokratiese omgewing.

“Ons is in ’n radikaal verskillende omgewing. Ons demokrasie is 22 jaar oud en het 11 amptelike tale in Suid-Afrika. Almal kan dus hul eie taal praat.”

Hy sê die regering is toegewyd tot die doelwit om gehalteonderrig aan alle Suid-Afrikaners te bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.