Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afrikaans sal voortleef ‘omdat diverse mense dit praat’
Dumile Mateza (links) en Malixole Gwatyu.Foto: Reza Clifford

“Afrikaans sal leef en voortleef. Ek sien nie dat Afrikaans sal verdwyn nie, want daar is so baie diverse mense wat dit praat.”

Malixole Gwatyu, ’n joernalis wat vier tale praat, meen dit is nie nodig om vir Afrikaans te veg nie, want die taal sal voortleef.

Malixole was saam met twee medejoernaliste, Vincent Mofokeng en Dumile Mateza, deel van ’n paneelbespreking wat Woensdagaand by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) onder leiding van dr. Danny Titus, uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede, gehou is. Die gesprek is by die ATKV se hoofkantoor in Randburg gehou.

Die ATKV sê in ’n verklaring Malixole het op ’n plaas in die Caledon-distrik in die Overberg grootgeword en dis waar hy Afrikaans leer praat het.

Hy het sy joernalistieke loopbaan in 2001 by Die Burger begin en daarna ’n draai by Landbouweekblad gemaak.

Gwatyu werk nou by RSG.

Oor die gebeure by die Hoërskool Overvaal en die Universiteit van die Vrystaat meen Gwatyu taal kan op sy eie nie ’n probleem wees nie. Dis eerder hoe mense die sprekers van die taal ervaar en op grond daarvan sekere persepsies vorm, wat probleme veroorsaak.

Titus het gesê Afrikaans is ’n taal wat lewe en bruis, maar dis ook ’n taal wat baie kommer losmaak. “Afrikaans is ’n taal van diversiteit en ons moet die rykheid hiervan erken,” sê hy

“Dit is daarom dat die ATKV besluit het om erkenning te gee vir die bydrae van African Afrikaanssprekendes, mense wat ook vir Afrikaans lief is en hande wil vat om van Suid-Afrika ’n beter plek te maak.”

Dis vir my ’n voorreg om Afrikaans te kan praat.

Vincent Mofokeng, die jong stem wat jy soggens op RSG se Monitor hoor, sê die mense van Suid-Afrika moet op ’n plek kom waar hulle met mekaar kan gesels en sê “dis my taal, dit is wat dit verteenwoordig, vertel my oor jouself”.

Die derde paneellid, Dumile Mateza, wat die eerste kommentator was wat sokker in Afrikaans uitgesaai het, stem saam en glo dat ons die regering verantwoordbaar moet hou, want die Grondwet bepaal alle tale is gelyk.

“Ons moet opstaan vir dit waaraan ons glo. Dis vir my ’n voorreg om Afrikaans te kan praat.”

Malixole waarsku daar moet nie te veel aan Afrikaans gedink word as ’n slagoffer nie.

“Hoe meer jy aan daardie idee vasklou, hoe meer gaan mense vir jou probeer wys dat dit nie so is nie,” het Malixole luidens die verklaring gesê.

Meer oor:  Atkv  |  Danny Titus  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.