Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afrikaans vier 92 jaar as amptelike taal

Die Afrikaanse taal is Maandag 92 jaar gelede as amptelike taal aanvaar.

Op 8 Mei 1925 is die Wet op die Amptelike Tale van Suid-Afrika, Wet 8 van 1925, in die parlement aanvaar.

Ingevolge dié wet is Afrikaans, naas Engels, as amptelike taal van Suid-Afrika erken.

Dit was 50 jaar ná die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA).

“Afrikaans is nog steeds baie jonk in vergelyking met ander tale,” sê prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

Sy sê voordat die taal amptelik aanvaar is, was dit reeds gestandaardiseerd en het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns woordelyste ter voorbereiding van die amptelike status van die taal opgestel.

Ons probeer om met mekaar te praat en ’n pad te vind na waar ons almal trots op die taal is
Prof. Anne-Marie Beukes, Afrikaanse Taalraad

Die gebeure op 8 Mei 1925 was baie belangrik vir die taal.

“Trots was toe al redelik sterk en het geleidelik toegeneem, daarom het Afrikaans so vinnig ontwikkel.”

Sy sê ’n mens kan egter nooit die geskiedenis van Afrikaans losmaak van die feit dat Afrikaans as ’n witmenstaal bekend was nie.

“Dis ’n groot fout waarvoor ons nou nog betaal. Ons het baie foute gemaak, maar dit maak nie dié geskiedkundige feit ongedaan nie,” sê sy.

Die Afrikaanse Taalraad beywer hom vir versoening.

“Ons probeer om met mekaar te praat en ’n pad te vind na waar ons almal trots op die taal is,” sê sy.

“Afrikaans is een van vier of vyf moderne tale wat in die 1900’s tot ’n wetenskapstaal ontwikkel het en dis ’n ongelooflike prestasie,” sê Beukes.

* Addisionele inligting verskaf deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Die taalwet van die Unie van Suid-Afrika van 1925, ingevolge waarvan Afrikaans as amptelike taal aanvaar is. Foto: Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Meer oor:  As  |  Taal  |  Afrikaans  |  Jaar  |  Vier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.