Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Afrikaans.com gaan die taal besig!
Dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust, by die bekendstelling van Afrikaans.com Donderdagaand in Johannesburg. Foto: Helenus Kruger
Die digter en skrywer prof. Adam Small en sy vrou, dr. Rosalie Small. Foto: Helenus Kruger
Drs. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust, Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR), en Pieter Mulder, leier van die VF Plus. Foto: Helenus Kruger
Van links is die sangers Daniella Deysel en Chris Chameleon, asook Cora van Olst en Marguerite Groenewald, gaste op die bekendstelling. Foto: Helenus Kruger
Die kunstenaars Chris van Niekerk en Anna Davel op die verhoog tydens die bekendstelling van Afrikaans.com. Foto: Helenus Kruger

Afrikaans is polities onder druk en die tyd het aangebreek vir almal wat lief is vir die taal om saam te werk om haar toekoms te verseker.

So het dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust, Donderdagaand op die bekendstelling van Afrikaans.com en ’n bemarkingsveldtog om die taal te bevorder, gesê.

Afrikaans.com is ’n nuwe webtuiste wat spesifiek geskep is om die taal in sy talle gedaantes te vier en sal dien as ’n plek waar Afrikaanse mense die taal “in haar volheid kan verken”, lui ’n nuusverklaring van Afrikaans.com.

Die projek word deur die Dagbreek Trust bestuur.

Afrikaans.com se veldtog “Hoe lyk jou Afrikaans?” sal in alle nasionale media verskyn en moedig mense aan om te vertel hoe hul Afrikaanse wêreld daarna uitsien.

Die beskermhere van die projek sluit in die digters prof. Adam Small en Breyten Breytenbach, die akademikus prof. Debra Meyer, die hoof van die Solidariteit-beweging Flip Buys, die joernalis Tim du Plessis, Izelle Venter van Media24, die historikus prof. Hermann Giliomee, en Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV.

Venter het na afloop van die geleentheid gesê sy leef en werk in Afrikaans en dat sy hoop dat hierdie veldtog die taal sal help om meer van sy historiese bagasie af te skud.

Volgens Meyer moet Afrikaanse mense nie huiwer om diegene wat die taal se saak skade aandoen, uit te wys nie.

Verteenwoordigers van verskeie organisasies en bekendes het die geleentheid by Melrose Arch in Johannesburg bygewoon, insluitend die ATKV, Fedsas, AfriForum, die FAK en bekendes soos Sandra Prinsloo en Chris Chameleon.

Die sangers Amanda Strydom, Joshua na die Reën en Anna Davel het gaste bederf met klassieke Afrikaanse liedjies soos “Hillbrow” van Johannes Kerkorrel en “Skielik is jy vry” van Koos du Plessis.

Alle besonderhede is op webwerf of op Twitter of Facebook beskikbaar.

Meer oor:  Japie Gouws  |  Hermann Giliomee  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.