Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
#AfrikaansVal op Twitter

#WimDevilliersMustDie

#Volksverraaier

#AfrikaansMustFall

Dit klink dalk rof, maar dít is van die hutsmerke wat Vrydag op Twitter rondgeslinger is.

Die twiets het ingestroom oor die Universiteit Stellenbosch-bestuurspan se opspraakwekkende besluit om ’n aanbeveling aan die raad te doen om Engels as primêre voertaal te aanvaar.

Modder is gegooi, Afrikaanses is sleggesê en die “einde” van Afrikaans is betreur.

Die Universiteit Stellenbosch se rektor, Wim de Villiers, loop deur op Twitter. Foto: TWITTER

Talle gebruikers meen dit is hoog tyd dat Afrikaans as voertaal waai en daar is telkens uitgewys dat ’n groot groep mense Afrikaans as ’n taal van onderdrukking ervaar.

Ander sê weer dat dié besluit die begin van die einde vir Afrikaans is.

Trek na Australië of Nieu-Seeland, het een gebruiker geantwoord op die vraag van @F_KempZA oor wat ’n mens te doen staan wanneer mense ’n kultuur en taal “vernietig”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.