Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Afskuwelike porno' maklik te kry weens nuwe wet
Nuwe wetgewing kan dit dalk makliker maak om eksplisiete pornografie te bekom. Foto: Unsplash

Dit is die regering se verantwoordelikheid om te besluit hoe pornografie in Suid-Afrika geklassifiseer moet word.

Een van die nagevolge hiervan kan beteken dat eksplisiete pornografie makliker bekombaar kan wees.

Die Nasionale Vergadering het die Rolprent-en-publikasieraad (RPR) se wysigingswetsontwerp op 6 Maart aanvaar.

Volgens Cause for Justice (CFJ) bevat hierdie wetsontwerp voorstelle wat nie net pornografie sal wettig nie, maar ook die verspreiding van die mees “afskuwelike” pornografie en ander vernederende materiaal, wat aanlyn verspreiding van eksplisiete pornografie aan volwassenes in Suid-Afrika insluit.

Die wetgewing moet nou voor die nasionale raad van provinsies gedebatteer word, waarna ’n verkiesingsproses sal plaasvind om te bepaal of die voorstelle aanvaar word of nie.

Die huidige wetgewing ingevolge die RPR klassifiseer pornografie in twee kategorieë.

Die eerste is die “XX”-klassifikasie wat die “obsene materiaal” beskryf. Die verspreiding van hierdie materiaal is onwettig, selfs tussen volwassenes.

Huidige wetgewing belet dus die verspreiding van materiaal wat menslike waardigheid aantas en vernederend teenoor mense is en geweld teenoor mense aanhits en bevorder.

Die tweede kategorie word as “X18” geklassifiseer en is van toepassing op eksplisiete pornografie wat net minder as “obseen” geag word.

Hierdie materiaal mag net deur volwassenes versprei word na ’n perseel wat as ’n “volwasse perseel” gelisensieer is. Daarom is alle pornografie wat tans gratis op die internet versprei word, onwettig, volgens die CFJ.

’n Nuwe klassifikasie kom moontlik vir pornografie. Foto: Pixabay

Die CFJ voer aan die huidige voorstelle vir die wetsontwerp is kommerwekkend, omdat die “XX”-klassifikasie minder streng gemaak sal word en net die verspreiding van pornografie met eksplisiete geweld verbied.

Dit sal veroorsaak dat ander tipes pornografie wat voorheen nie versprei mag word nie, nou versprei kan word.

Verder is daar ’n voorstel dat die wetsontwerp nie meer onderskeid tref tussen die pornografiese klassifikasies nie, maar nou onder een vaandel geklassifiseer sal staan en net geweld in pornografie sal verbied.

Die CFJ sê die verspreiding van materiaal wat menslike waardigheid aantas, vernederend teenoor mense is en alle materiaal sonder ’n geweldselement, sal dan wettig versprei kan word.

Liesl Stander, woordvoerder van die CFJ, sê hulle is teen die afskaal van die “XX”-klassifikasie, omdat dit ’n duidelike oortreding is van menslike waardigheid. Dit sal ook openbare veiligheidsrisiko’s laat ontstaan in die sin dat dit mense sal aanspoor om hulself te beseer.

“Dit is nie in die belang van geregtigheid nie en kan ook nie op ’n grondwetlike vlak aanvaar word nie,” het Stander gesê.

Hulle wil alle Suid-Afrikaners en nie-regeringsorganisasies aanspoor om aan die demokratiese proses deel te neem sodat vroue en kinders beskerm kan word.

Daar is nog nie datums bekend vir wanneer die proses voor die nasionale raad van provinsies sal begin nie, maar dat die proses voor die einde vanjaar afgehandel kan wees.

Meer oor:  Wetgewing  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.