Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agent wys huis, vang baba wat skielik kom

Kim Hansen, ’n Kaapstadse eiendomsagent, het Vrydag onverwags ’n baba gevang by ’n huis wat sy in Tableview vir ’n kliënt gaan wys het.

Hansen was saam met die kliënt by twee woonstelle agter in die erf toe sy skielik ’n “onaardse gil” gehoor het.

Sy sê het dadelik na die huis­eienaar gehardloop om te hoor wat is fout.

“Hy was besig om hulp op sy foon te probeer kry. Hy het gesê sy huiswerker het onverwags begin kraam.”

Hansen, wat 20 jaar gelede twee jaar lank as ’n veeartsassistent gewerk het, is nie op die verkeerde voet betrap nie.

“In die dierewêreld het ek die dinamika van geboorte goed leer ken. Ek moes net dit wat ek reeds geweet het, op ’n mense-situasie toepas,” sê Hansen.

Wat kraamtoerusting betref, moes sy oor die weg kom met wat beskikbaar was.

“Ek het gesê hulle moet vir my handdoeke, kookwater en handskoene bring.” Die enigste handskoene in die huis het gekom uit ’n boksie met haarkleursel.

Teen die tyd dat Hansen, wat vir Trust Property in Kaapstad as ’n eiendomsagent werk, betrokke geraak het, was die geboorteproses reeds goed op dreef.

“Toe ek by Pretty in die badkamer aankom, was die baba al halfpad sigbaar. Ek het haar gehelp, maar dié dapper mamma was in moeilike omstandighede baie sterk,” sê Hansen.

Dit het so vinnig gebeur, sy het nou nog nie kans gehad om Pretty se van te vra nie, sê sy.

Sy sê deur die loop van die proses het sy verbasend kalm gevoel. Die seuntjie is gesond gebore en sy het die naelstring geknip. Die ambulans was eers ’n driekwartier later daar om ma en baba te versorg.

“Die huiseienaars is nou hospitaal toe om by die ma en seun te gaan kuier, so ek wag vir nuus oor hoe dit met hulle gaan,” het sy gistermiddag gesê.

Pretty het nie geweet sy is swanger nie, sê Hansen, en sy het geen babagoed nie. Daarom wil Hansen probeer om vir haar bydraes vir die kleinding bymekaar te maak.

“Mense wat kan help, is welkom om ons deur Trust Property se Facebook-bladsy te kontak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.