Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
AgriSA kry nuwe uitvoerende direkteur
Christo van der Rheede Foto: Argief

Die raad van AgriSA het Christo van der Rheede as uitvoerende direkteur aangestel. Hy was die afgelope vyf jaar die uitvoerende adjunkdirekteur van die organisasie.

Die skuif volg nadat Omri van Zyl, wat sedert 2015 die uitvoerende direkteur van Agri SA is, aangestel is as die nuwe uitvoerende hoof van AgriSA Enterprises (Edms) Bpk.

Dié nuwe maatskappy sal volgens ’n mediaverklaring van AgriSA op die voedselwaardeketting fokus en ’n wye spektrum kliënte bedien. “Dit sluit onder meer die betrokkenheid, ondersoek, vestiging en befondsing van kommersiële landbouvennootskappe in.

“AgriSA Enterprises (Edms) Bpk bestaan uit hoogs ervare en gekwalifiseerde kundiges wat baie blootstelling en ’n deeglike begrip het van die finansiële, produksie-, logistieke, operasionele en kontekstuele dimensies van kommersiële vennootskappe en ander ondernemings in die kommersiële landbousektor,” aldus die verklaring.

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, het die aanstelling van Van der Rheede verwelkom.

“Christo het hom die afgelope vyf jaar gevestig as ’n gerespekteerde leier binne die landbousektor,” sê Meyer in ’n verklaring.

“AgriSA is ’n gevestigde en belangrike stem in landbou en sy aanstelling is ’n merkwaardige ontwikkeling.”

Hy sê Van der Rheede se aanstelling kom op ’n tydstip wat landbou die land se ekonomiese herstel moet lei.

Meer oor:  Agrisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.