Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agrizzi kry hartaanval in hospitaal

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof en fluitjieblaser wat om sy lewe veg in die waakeenheid van 'n private hospitaal in Johannesburg, het 'n hartaanval gekry.

Adv. Daniel Witz, Agrizzi se prokureur, sê die dokters kon daarin slaag om hom weer by te bring en te stabiliseer.

"Hy is in 'n baie ernstige toestand."

Hy het die hartaanval deur die loop van die nag gekry. 

Angelo Agrizzi
Angelo Agrizzi verlede week in die hof. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Hy is Maandag na die private hospitaal oorgeplaas nadat hy verlede Donderdag uit die Johannesburgse gevangenis na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is. 

Hy was voor die hartaanval reeds in ’n kritieke toestand en is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.

Op navraag of Agrizzi se vrou en kinders hom nou  in die hospitaal mag besoek, het Witz gesê hulle het probeer om toestemming te kry, maar die versoek is afgekeur.  

Witz word ook nie by hom toegelaat nie.

Daar is ten spyte van sy ernstige toestand nege beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) wat buite die saal waghou. 

LEES OOK:  9 wagte bewaak ‘bewustelose Agrizzi’ in hospitaal 

Agrizzi is verlede Woensdag tronk toe nadat sy aansoek om borgtog misluk het.

Hy het saam met Vincent Smith, voormalige ANC-LP, op aanklagte van korrupsie ter waarde van R800 000 in die hof verskyn nadat hy glo Bosasa-geld aan Smith oorbetaal het.

Meer oor:  Agrizzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.