Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agrizzi se toestand steeds ‘onveranderd’
Angelo Agrizzi Foto: Felix Dlangamandla

Angelo Agrizzi, fluitjieblaser en voormalige bedryfshoof van Bosasa, se toestand is steeds onveranderd, sê sy regsverteenwoordiger, Daniel Witz.

Agrizzi het Woensdagnag ’n hartaanval gehad en is in ’n ernstige, maar stabiele toestand in ’n private hospitaal in Johannesburg. Hy was voor die hartaanval reeds aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.

Volgens Witz was hy stabiel deur die loop van die nag en is daar geen verandering aan sy toestand nie.

Witz sê Agrizzi, wat sedert verlede Woensdag in aanhouding is nadat sy aansoek om borgtog misluk het, het reeds voor sy inhegtenisneming aan ’n respiratoriese siekte gely. Hy word ook weens komplikasies weens diabetes en ander onderliggende siektes in die hospitaal behandel.

Agrizzi het verlede week saam met Vincent Smith, voormalige ANC-LP, op aanklagte van korrupsie ten bedrae van R800 000 in die hof verskyn nadat hy glo Bosasa-geld aan Smith oorbetaal het.

Hy word deur nege gewapende wagte in die hospitaal opgepas, berig IOL.

Sy een been is ook aan sy bed vasgeboei.

Meer oor:  Angelo Agrizzi  |  Fluitjieblaser  |  Bosasa  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.