Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agrizzi stabiel deur die nag

Dokters sal Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof en fluitjieblaser, later Vrydagoggend weer ondersoek, maar hy was stabiel deur die nag.

Agrizzi het Woensdagnag ’n hartaanval gehad en is in ’n ernstige toestand. Voor die hartaanval was hy reeds aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.

Volgens adv. Daniel Witz, Agrizzi se prokureur, word sy kliënt steeds in die waakeenheid van ’n private hospitaal in Johannesburg behandel en probeer hulle toestemming kry dat hy besoekers mag ontvang.

“Hy was gelukkig stabiel deur die loop van die nag. Dokters sal hom later vanoggend weer sien om sy toestand te monitor,” het Witz Vrydagoggend gesê.

Agrizzi is sedert verlede week Woensdag in aanhouding nadat sy borgtogaansoek misluk het.

Hy is ’n dag later uit die Johannesburgse gevangenis na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal oorgeplaas, waarna hy Maandag in die private hospitaal opgeneem is.

Netwerk24 het vroeër berig Agrizzi het verlede week saam met Vincent Smith, voormalige ANC-LP, op aanklagte van korrupsie ter waarde van R800 000 in die hof verskyn nadat hy glo Bosasa-geld aan Smith oorbetaal het.

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof. Foto: Argief

Meer oor:  Angelo Agrizzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.