Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
8 gered ná katamaran omslaan

’n Gehuurde katamaran het Maandagaand naby Kaapstad se hawe omgeslaan. Die insittendes is almal gered.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het die voorval bevestig en sê almal aan boord is veilig, berig News24.

Die NSRI en ander nooddienste is om 18:49 ontbied en het agt mense gevind, van wie drie plaaslike bemanningslede en vyf toeriste van Brittanje is.

Twee van die toeriste is mans en drie is vroue. Hulle is op die omgekeerde romp van die boot gevind met hul reddingsbaadjies aan.

Al die insittendes is vir matige hipotermie behandel en twee van die bemanningslede is vir ligte beserings behandel, waarna hulle na die hospitaal geneem is. Die katamaran is na die hawe gesleep.

Lede van die NSRI tydens Maandagaand se reddingspoging. Foto: NSRI
Meer oor:  Nsri  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.